Kannibalisme

Kannibalisme, Brasilië. Houtsneewerk deur Theodor de Bry oor die 16de-eeuse Duitse soldaat Hans Staden se weergawe van hoe hy in 1557 in dié land aangehou is.

Kannibalisme (van die Spaanse naam Caníbales vir die Karibs,[1] ’n Wes-Indiese stam wat voorheen kannibalisme beoefen het)[2] is die eet van menslike vleis of interne organe deur ander mense. Dit word ook antropofagie genoem. Iemand wat kannibalisme beoefen, word ’n kannibaal genoem. Die term is uitgebrei na die diereryk en behels enige lid van ’n spesie wat ’n lid van dieselfde spesie eet; dit sluit seksuele kannibalisme in.

Die mense van die Karib-eiland in die Klein Antille het ’n reputasie ontwikkel dat hulle kannibale is vanweë hul legendes, wat in die 17de eeu geboekstaaf is.[3] Daar is ’n mate van twyfel oor die akkuraatheid van die legendes en die voorkoms van kannibalisme onder die Karibs. Die praktyk was in die verlede wydverspreid in baie dele van die wêreld en het tot in die 19de eeu voortgeduur in afgesonderde kulture van Australasië, en kom vandag nog voor in dele van tropiese Afrika. Kannibalisme is beoefen in Nieu-Guinee en dele van die Solomoneilande, en vleismarkte het bestaan in sommige dele van Melanesië.[4] Fidji was eens bekend as die "Kannibaal-eilande".[5]

Die Neanderdallers het vermoedelik kannibalisme beoefen,[6][7] en hulle is ook dalk deur anatomies moderne mense geëet.[8]

  1. "Cannibalism Definition" (in Engels). Dictionary.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016.
  2. "cannibalism (human behaviour)" (in Engels). Britannica Online Encyclopedia. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2015. Besoek op 31 Augustus 2013.
  3. Brief history of cannibal controversies Geargiveer 21 Februarie 2011 op Wayback Machine; David F. Salisbury, August 15, 2001, Exploration, Vanderbuilt University.
  4. From primitive to post-colonial in Melanesia and anthropology. Bruce M. Knauft (1999). University of Michigan Press. p. 104. ISBN 0-472-06687-0
  5. Peggy Reeves Sanday. "Divine hunger: cannibalism as a cultural system".
  6. Culotta, E. (1 Oktober 1999). "Neanderthals Were Cannibals, Bones Show". Science. Sciencemag.org. 286 (5437): 18b. doi:10.1126/science.286.5437.18b. Besoek op 30 Augustus 2009. {{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  7. Gibbons, A. (1 Augustus 1997). "Archaeologists Rediscover Cannibals". Science. Sciencemag.org. 277 (5326): 635–7. doi:10.1126/science.277.5326.635. PMID 9254427. Besoek op 30 Augustus 2009. {{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  8. McKie, Robin (17 Mei 2009). "How Neanderthals met a grisly fate: devoured by humans". The Observer (in Engels). London. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Julie 2013. Besoek op 18 Mei 2009.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search